“May you be covered in the dust of your Rabbi”

Ek het onlangs gehoor dat, in die Joodse geloof is dit ‘n baie groot lewensgebeurtenis as jy grootword om ‘n Rabbi  te word.  Sodra jy as kind toegewyd alles geleer het wat jy moet leer, word jy gekies om aan ‘n Rabbi toegesê te word, mits hulle kan sien dat jy werklik toegewyd is en kan redeneer soos ‘n ware Rabbi.  Dit is dus ‘n voorreg veral vir jou ouers as jy gekies word.  Dit is wanneer hierdie seënwens op jou lewe toegebid word.  Want, by jou rabbi is jou enigste doelstelling om so naby aan hom te leef sodat jy eendag net soos hy kan wees.  Hy leer sy teologie vir jou sodat jy in jou lewenswandel soos hy kan dink en doen en sy teologie uitleef as jou teologie.   Jy leef en loop dus so naby aan hom, ‘dat die stof van sy skoene op jou klere agterbly.’

In ons Christelike geloof, was Jesus in hierdie rol van Rabbi.  Hy het die vissermanne genooi om Hom te volg.  En Hy het aan hulle gesê:  Volg my, kom leer van my, want my juk is sag en My las is lig.  Wie sal nie graag in ‘n Leermeester se voetspore wil loop wie se teologie sag is en sy las lig is nie?

Dan wonder ek waar die verstaan van Jesus se leringe platgeval het?  Want hoekom leef ons as Christene met so ‘n swaar teologie?  Elke vers uit die bybel word aangehaal om by elke jan rap se teologie aan te pas, in plaas van dat dit andersom werk.  Ons oordeel mekaar links en regs tot in die helle en anderkant uit,  asof ons enigsins mag het om dit te doen.  En as ons die ontvangers van daardie oordeel is, dra ons onsself dood aan skuldgevoelens omdat ons oortuig word dat ons nooit goed genoeg sal wees vir die Koninkryk van God nie.

En tog het Jesus, ons Leermeester, ons nooit enige van hierdie dinge geleer nie ….

Ek wonder wanneer ons gaan besef dat, wanneer die wêreld ons oorweldig, hoef ons net ons skoene uit te trek en in die voetspore van ons eie Rabbi te volg.  Dan sal ons bevry word van hierdie wêreldlas op ons skouers van sonde en skuld en dan sal ons lig en vry kan lewe.  Miskien kan ons dan selfs vir ander mense ‘n plekkie in die son gun, in plaas van om die swaard nog dieper in hulle reeds verwonde harte in te druk.

Die Engelse vertaling sê dit so mooi:

Matthew 11:28-30 (The Message)

28-30 “Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me—watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won’t lay anything heavy or ill-fitting on you. Keep company with me and you’ll learn to live freely and lightly.”

… the unforced rhythms of grace …

Die ritme van genade….  

Dit is my keuse:  Om lig en vry te lewe.

En my wens:  Mag ons ook so naby aan ons Leermeester begin loop, dat die stof van sy voetspore ons bedek.

 

 

 

 

 

Advertisements

6 thoughts on ““May you be covered in the dust of your Rabbi”

  1. “Ek wonder wanneer ons gaan besef dat, wanneer die wêreld ons oorweldig, hoef ons net ons skoene uit te trek en in die voetspore van ons eie Rabbi te volg.  Dan sal ons bevry word van hierdie wêreldlas op ons skouers van sonde en skuld en dan sal ons lig en vry kan lewe.  Miskien kan ons dan selfs vir ander mense ‘n plekkie in die son gun, in plaas van om die swaard nog dieper in hulle reeds verwonde harte in te druk.”

    Ag, dis ‘n seën om te weet mens glo nie alleen in ons Leermeester se voetspore volg as die enigste weg nie. Dankie.

    Like

  2. So waar!! Dit was vir my ook ‘n “eye-opener” toe ek besef dat ons persepsie van ‘n juk ook heeltemal skeefgetrek is. Die doel van ‘n juk is nie om swaar te wees nie, die doel van die juk is om te sorg dat die osse saam in die regte rigting beweeg! Dus ‘n hulp om rigting te hou, nie ‘n las nie!! Ons het self besluit ‘n juk is ‘n ding wat seermaak en swaar dra. Jesus se juk is dus om ons te help rigting hou, nie om ons skouers lam te maak nie!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s