Tyd is soos die wind …

Ek sit vandag en wonder of dit net ek is wat meer sentimenteel raak hoe ouer ek word?

So asof ek begin besef hoe weerloos ons regtig is. Soos die gras van die veld. Vandag is ons hier en more weg.

Dit voel of die tyd oor my waai en ek raak effe verslae en deurmekaar omdat dit voel of ek nie meer so heeltemal kan byhou nie.

Asof my vlindervlerke soms net fladder sonder dat ek werklik iewers kom.

Ek sien die wyse broosheid in die sielvolle oë van my moedertjie waarin ‘n leeftyd van vreugde, hartseer, teleurstellings en tuiskoms kunstig saamgevleg is.

Ek ervaar met nostalgiese weemoed my skoonouers se stap op hulle paadjie na ‘n kleiner holte vir hulle voete, ‘n geseënde leeftyd vol herinneringe en huismaak agter hulle.

Ek ervaar die rustige, intieme vreugde van my liefste man se lyf agter my rug en is so bang dat daar ooit ‘n dag mag kom wanneer net koue eensaamheid agter my rug kom inkruip.

Ek sien die groeiende wysheid en volwassenheid in my tienerseun, met die skaduwee op die bolip en die onvaste stem. My hart gryp-gryp nog na hom sodat ek steeds die middelpunt van sy bestaan kan wees. Maar hy glip stadig, stadig weg na sy eie grootwordwêreldjie toe.

Ek sien die pragtige volwasse vrou in my dogter, waar sy met gesag praat en ek weet dat ek haar nie meer veel kan leer nie. Haar vlerke reeds gespan, is sy so gereed om saam met die wind te sweef om haar eie wêreld te betree.

Ek voel die tyd wat aanstap in my hondjies se oumens-lyfies – die ogies wat steeds met dowwe vetroue na my terugkyk. Die onvoorwaardelike liefde wat weerspieël word in die stywe lyfies wat kom hallo sê.

En ek weet, nou meer as ooit, dat die tyd nie stilstaan vir enige iemand nie. Ons moet regtig net elke dag voluit leef en vir ons mense nou vertel hoe lief ons hulle het.

Rick Springfield het dit goed gestel in sy lied: Time stand still

Time stand still, Freeze your hands, Bend your will, Change your plans

Burning seconds into minutes on my way to seize the day
Stolen moments as a lifetime seems to fly away

Wait for me, A little longer – I’m not sure if I’m awake
Pinch me if it’s all a dream

Ticking clocks and wake up calls, Tell me that I’m growing old
Why don’t you let time stand still

Time stand still, Raise your glass, A quarter till, A future past
Turning hours into weekends hoping for a better day
Frozen moments in a lifetime that has run away

MTV and shopping malls
Tell me that I’m growing old
Why don’t you let time stand still

Advertisements

9 thoughts on “Tyd is soos die wind …

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s