Daar vlieg ‘n vis!

Die eerste ding wat ek in die oggend doen wanneer ek by die werk kom, is om vir my ‘n koppie koffie te gaan maak.  Dan bekyk ek opskrifte van die koerant hier by Ontvangs, altyd in die hoop om iets raak te lees wat mens bietjie hoop kan gee tussen al die swaar nuus wat die blaaie inkleur.

So lees ek gister oor ‘n khoi vis wat suksesvol geopereer is om ‘n groeisel in sy maag te verwyder.  Goeiste.  Hier het ek stilgestaan en eers die artikel gelees.  ‘n Vis opereer?  My asem het so bietjie weggeslaan toe ek die prys van hierdie khoi visse sien.  Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat dit bo alle twyfel meer ekonomies was om liewer sy lewe te red…  Die groeisel was so groot soos ‘n man se hand en hulle kon dit verwyder sonder om sy ingewande seer te maak.  En hy is nou weer gesond en gelukkig soos net ‘n vis in die water kan wees.

Snaaks genoeg was daar ‘n ander visstorie ook ‘n week of twee gelede.  Ek is deel van ons omgewing se Facebookgroep waar ons met mekaar deel wat in die omgewing gebeur.  Skryf iemand op die groep dat daar ‘n vis uit die lug uit geval het.  Niks anders as ‘n tamaaie khoi vis nie.  Mis iemand nie dalk hulle khoi vis nie?

Dis darem nie ‘n buitengewone storie nie.  Die heerlike lankverwagte reën het natuurlik al die Kaapse pragtige voëllewe weer teruggelok en gevolglik doen die roofvoëls heerlik inkopies onder alles wat klein en onbeskermd is.  Geen twyfel dat voël se kind sy oog op hierdie lekker vet stuk vleis gehad het nie, maar dat vis besluit het om nie sonder ‘n geveg oor gee nie, is ook nie te betwyfel nie.  Vis het die voëlkloue en die val grond toe oorleef en is darem dadelik opgemerk en in ‘n emmer water gesit.  Sy eienaar het nie tevore gekom nie (volgens die slim mense kon die vis ‘n hele ent van ons omgewing af al opgetel gewees het, omdat die groter roofvoëls vinnig vlieg), en gevolglik het Vis (nogal nou Nemo genoem) nuwe akkommodasie gekry by vriendelike buurvisse.

Ook hierdie vis “lived to tell the tale”.

Behalwe vir die feit dat dit vir my lekker is om stories soos hierdie te lees, omdat dit vir my bietjie normaliteit gee aan die daaglikse aakligheid wat die nuus omgewe, was daar nogal vir my ‘n goeie les te leer rondom hierdie twee ongewone visverhale.

Visse kan net in water oorleef.  Nêrens anders nie.  Ek dink nie hierdie visse het ooit gedink dat hulle daardie dag sal beleef dat hulle onverwags met mag uit hulle lewenswaters geruk gaan word in ‘n onbekende wêreld waar hulle nie behoorlik kan asemhaal nie.  En tog het hulle dit oorleef.

Dit laat my besef dat as ‘n vis ‘n operasie kan oorleef, of kan vlieg for that matter, moet ons ook kan glo dat ons enige hindernis wat in ons pad gerol word, tog kan oorwin.

In een geval moet ons dalk veg om onsself te bevry uit dinge wat ons vashou, maar sodra ons vry is, sal daar altyd iemand aan die ander kant wees wat ons uit ons weerloosheid sal help en ons lei na veilige waters.

In die ander geval,  moet ons dalk oorgee en net vertrou dat daar Iemand is wat weet wat dit vat om ons aan die lewe te hou, al is dit net om water in ons kiewe te spuit om te verhoed dat ons verdrink op die droë grond terwyl die seer uit ons uitgehaal word.

En voor ons ons oë uitvee, is die oorwinning daar.  Volkome.  Ons moet net nooit hoop verloor nie.

Advertisements

9 thoughts on “Daar vlieg ‘n vis!

  1. Ons het nog net ń rukkie die 4x Kois. Jou skrywe het my geinspireer om meer aandag aan hulle te gee. Maar aan die ander kant, net nog troeteldiere om oor te rou…?🙈🙈

    Like

    1. Jong ja. Enige iets met ‘n hartklop maak my maar week. Ekt selfs al ‘n kakkerlak jammer gekry wat ek net halfpad doodgeslaan het en moes sien hoe hy sukkelend aan die lewe klou. Al wat ek egter kan sê is dat ek uit hierdie stories geleer het dat jy jou vis vriendjies moet beskerm hou teen gevaartes wat van visvang hou!

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s