Die sirkel van die lewe (Aanneemkinders.2)

Hierdie skrywe is soortvan ‘n opvolg van my blog oor Aanneemkinders (https://vlindersag.wordpress.com/2014/08/14/aanneemkinders/) en is geskryf met permissie van my sus.

Sy was ‘n klein, effentjies-mensie met groot, ronde ogies vol matelose hartseer en ontwrigting.  Sy het nêrens gehoort en aan niemand behoort nie.  Hulle het haar weggevat omdat sy nie in ‘n huis gehoort het waar sy net heeltyd huil en daar vermoedelik nie genoeg aandag en versorging was nie.  Sy het nie in die kinderhuis gehoort nie, omdat hulle nie op daardie stadium voorsiening gemaak het vir babas nie.  Sy het ons s’n geword toe ek en my broer al amper uit die huis uit was.  So, alhoewel sy by ons gehoort het omdat ons ‘n kringetjie om haar kon trek en haar oneindig kon liefhê, het sy tog nie heeltemal gevoel sy behoort nie, want skaars ‘n paar jaar daarna het ek en my broer by die huis uitgestap en met ons eie lewens begin.  En sy het agtergebly en as alleenkind grootgeword.

En al die jare het ek die idee gekry dat ons dit nooit werklik kon regkry om haar so te kon intrek in ons kring sodat sy kan wéét dat sy volkome aan ons behoort nie.  En mens kan seker verstaan, want die sirkel van haar lewe het begin by waar sy vandaan kom, en sou waarskynlik slegs daar kon eindig.  Sy was nooit gesoek waarvan ons weet nie.  Dit was seer.  En sy wou ook nie gaan soek nie.  Want iewers hier binne het sy vermoed dat sy dalk net met ‘n groter leemte en meer vrae agtergelaat sal word.

Dit het gevat tot na haar 30ste verjaarsdag toe sosiale media vra dat sy haar mense moet kontak.  Hulle soek na haar.  Eerste was dit haar ma en susters.  Sy het hulle ontmoet, maar sy is toe tog agtergelaat met die gevoel dat sy maar net weer vir die twee keer verwerp word, so asof sy net nooit goed genoeg sal wees nie.

Sy was bly dat hulle haar pa se identiteit gegee het, want diep binne-in haar het sy nog altyd geglo dat ‘n ontmoeting met hom anders sou wees.

En sy het met haar hart in haar keel die moed bymekaar geskraap om die oproep te maak.

Hy het onmiddellik ‘n afspraak gemaak om haar te kom ontmoet.  ‘n Groot, sterk, standvastige sakeman, wat haar een kyk gegee het en dadelik gesê het:  “daars geen twyfel dat jy my kind is nie”.  Wat haar styf teen hom vasgedruk het.  En hulle kon teenoor mekaar sit en gesels, sonder verwyte.  Net dankbaarheid dat hulle mekaar uiteintlik kon ontmoet.  ‘n Pa wat vandag en more daar wil wees.  Wat betrokke wil wees by sy kleinseun wat in sport uitblink (soos hy) en vir hom alles wil koop wat nodig is.

En vir die eerste keer in 30 jaar kan ek die skielike selfvertroue in haar sien en weet, sy voel vir die eerste keer dat sy behoort.  Ja, sy behoort aan ons. Sy het altyd en sy sal altyd.  Maar ons het nooit besef hoe sterk bloed na bloed soek nie.  Hoe die geringste positiewe kontak met ‘n bloedverwant wat bly was om haar te sien, die sirkel vir haar kon voltooi en haar kon laat tuiskom in die gevoel dat sy wel behoort.  Aan ons, aan hom, aan sy kinders wat haar aanvaar het.

Kon hulle mekaar al lankal gesoek het?  Dalk.  Maar soos met alles in die lewe, gebeur alles tog op die regte tyd.  Tien jaar gelede sou dalk vir haar of vir hom nie die regte tyd gewees het nie.  Hierdie jaar was wel.  Die verlore leeftyd van 30 jaar sal altyd daar wees, en voel sy steeds dat sy ‘n van buite af inkyk op die leemte van herinneringe wat nooit daar sal wees nie.  Maar soos hulle versigtig ‘n nuwe pad aandurf, sal sy haar plek ook stadig maar seker in daardie familiekring vind tot sy volkome daar ook behoort.

En intussen is ons steeds daar – ons wat haar vir 30 jaar lank liefhet – vir wie sy nog nooit iemand anders as ons eie was nie.  Daar is ook haar seunskind wat aan haar behoort en teenoor wie sy die beste mamma ooit is – ‘n mamma wat tot die dood toe vir hom sal veg en die woord verwerping nooit in sy woordeskat sal bestaan nie.  En die wonderlike hoop van ‘n nuwe familie wat haar vir die volgende 30 jaar (en meer) ook gaan leer liefkry soos hulle eie.

Is dit nie wonderlik hoe dinge tog ‘n manier het om uit te werk nie?  Al neem dit soms 30 jaar of langer …. Die hoop beskaam nooit!

“If you think that you have blown God’s plan for your life, rest in this …. You my beautiful friend, are not that powerful” – Lisa Bevere

Advertisements

8 thoughts on “Die sirkel van die lewe (Aanneemkinders.2)

    • Dankie dat jy kom lees het! Ja, mens het sulke gemengde gevoelens, veral as mens sien wat ‘n goeie mens haar pa is. Dit was werklik net ‘n swak oomblik toe hy deur ‘n moeilike tyd gegaan het, maar ek persoonlik voel net dat geen kind ooit ‘n fout is nie. Elkeen het ‘n plek en ‘n pad. Ek gaan beslis nog goed van Lisa Bevere lees – ek het toevallig op die quote afgekom.

      Like

  1. Baie mooi en sensitief geskryf. Ek het haar nog nooit as nie deel van die familie gesien nie! En sy is vandag ‘n pragtige mens – danksy ons Vader en julle 30 jaar van liefde.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s