Die dag toe Liewe Jesus op die wolke gekom het

Ek voel moedeloos.  Die busstakings vat aan my.  Vir die vierde week nou al knoop die spanning elke dag op my maag van hoe ek more by die werk gaan kom, want ek is afhanklik van die bus en geleenthede stad toe is skaars soos hoendertande.  En ek is uit my roetine uit.  Geen oggend staan ek meer dieselfde tyd op nie.  Die een dag werk ek van die huis af, die volgende ry ek douvoordag in die pikdonkerte saam met ‘n paar studente wat so gaaf is om my by die werk af te laai.  Geen sit in die bus voor werk om myself rustig voor te berei vir die dag nie.  Geen sit in die bus na werk om af te skakel met sagte musiek in my ore en ‘n goeie boek nie.

Hierdie moedelose tyd laat my toe sommer aan my ma dink.  Sy moes tiener grootmaak ver van ons af, toe ek en my broer al ons eie gesinne gehad het.  En elke keer as ek haar gevra het hoe gaan dit met die tiener in die huis, was haar antwoord:  “Ag wat, sy hou ons op ons knieë en laat ons uitsien na die wederkoms.”

Dit is wel nogal snaaks, maar tog voel dit vir my na die beste lewensfilosofie wat enigeen nog met my gedeel het.  As dinge buite ons beheer is, is dit werklik al wat ons kan doen.  Bly op jou knieë en sien uit na die wederkoms – dis tog ons almal se toekomsverwagting.

Dit laat my toe dink aan die dag toe Liewe Jesus op die wolke gekom het.  Ek was nog klein.

Ek onthou dat ek as kind baie wanaangepas gevoel het, ten spyte daarvan dat ek in ‘n wonderlike, stabiele huis grootgeword het.  Dit was net asof die wêreld vir my ‘n vreesaanjaende plek was en ek nooit kon rustig raak in die liefde en koestering van almal wat so lief was vir my nie.  Ek was teruggetrokke en menssku en my enigste anker in die lewe was my ma.  As gevolg daarvan, het ek ‘n irrasionele angs gehad dat iets sou gebeur wat my van my ma af sou wegvat.

Die Sondagskool het nie gehelp nie.  Hulle het vertel dat as Jesus op die wolke kom, gaan daar trompette wees wat speel, die wolke gaan soos lig skyn en Liewe Jesus gaan ons almal kom haal hemel toe.  En dit kan enige tyd gebeur.  Wanneer ons slaap, wanneer ons by die skool is …….. met ander woorde wanneer my ma nie naby is nie, en ek nie gaan weet waar om haar te gaan soek in die hemel nie …

Nodeloos om te sê, wou ek tog nooit daardie dag beleef wanneer Liewe Jesus op die wolke kom nie.

En toe breek daardie dag aan  …

Dit is net voor Kersfees.  Kerk is verby en die kospotte prut sag op die stoof.  My pa lees koerant, my broer besig met sy eie dinge. Ek speel op die stoep met my poppe, vir ‘n verandering rustig in die Sondagstilte wat sluimerend oor ons dorpie hang.  En skielik, sonder waarskuwing, klink daar ‘n trompetgeskel op wat vibreer deur die stilte van die slapende dorpie!  En hulle speel Kersliedere!  My eerste reaksie was om boontoe te kyk – net om te sien hoe die wolke verlig word deur die son wat agter hulle wegkruip!

Met adrenalien wat my vlerke gee, vlieg ek om en hardloop die huis in – geheel en al huilend-histeries.  “Mamma! Mamma!  Liewe Jesus kom op die wolke!  Hy kom op die wolke! Help my!”

My gesin, wat net gewoond is aan ‘n baie stil kind wat amper nooit praat nie, skrik hulleself amper in ‘n ander geloof in en storm uit om te sien wat aangaan, wit om die kiewe….

Nou ja, dit was toe ‘n groepie mense wat besluit het om ons dorpie te verras met ‘n pragtige “brass-orkes”  wat kersliedere speel, en hulle het dit goedgedink om op die hoek waar ons bly met hulle spel te begin.

My pa en broer het maar net stil-stil die huis in verdwyn en my ma gelos om haar histeriese kind te kalmeer en my te vat om hulle te ontmoet en ‘n geldjie in hulle bakkie te sit.

Die ondervinding het wel gesorg vir matelose vermaak as dit oorvertel word, maar ek kan een ding sê, ek sal daardie ontsagwekkende gevoel nooit vergeet nie.

Dan wonder ek hoe dit sal wees as die oordeelsdag wel in ons leeftyd sou aanbreek, hier midde-in die gebroke wêreld waarin ons leef.  So terwyl ons hier sit met ons hartseer, ons opstand, moedeloosheid, stakings, moorde, ontvoerings.

Ek leen hierdie woorde, want dit laat my sommer beter voel.  Dit is beslis ‘n verwagting in ‘n moedelose wêreld en iets wat ek beslis beter sal hanteer as dit weer sou gebeur! I can only imagine!

I can only imagine – Mercy Me

I can only imagine what it will be like, when I walk by Your side
I can only imagine what my eyes will see, when Your face is before me
I can only imagine

Surrounded by Your glory, what will my heart feel
Will I dance for you Jesus, or in awe of You be still?
Will I stand in Your presence, or to my knees will I fall
Will I sing hallelujah, will I be able to speak at all?
I can only imagine

I can only imagine when that day comes
When I find myself standing in the Son
I can only imagine when all I would do is forever
Forever worship You, I can only imagine

Songwriters: Bart Marshall Millard

I Can Only Imagine lyrics © Music Services, Inc

Advertisements

8 thoughts on “Die dag toe Liewe Jesus op die wolke gekom het

  1. Dit is so kosbare vertelling. Ag jinne tog… En tog was dit vir jou groot angs.
    “Ag wat, sy hou ons op ons knieë en laat ons uitsien na die wederkoms.” Dit is nou goed gese. 🙂

    Liked by 1 person

    1. Baie dankie. Ja-nee, ek dink ek was bietjie getraumatiseerd na daardie ondervinding … dit was regtig ‘n groot skok! My ma is baie kosbaar. Sy is seker een van die mees positiewe mense wat ek ken te spyte daarvan dat sy ook maar swaar gekry het.

      Like

  2. Ek kon my so vereenselwig met jou skrywe, met die stil kind en haar vrese. Dit is net die kosbaarste vertelling. Die woorde van die lied…ag, dit gaan werklik wonderlik wees om voor Hom te kan staan.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s