Archive | Februarie 2017

Nooit te oud nie …

Ek het vandag ‘n waardevolle, wonderlike les geleer oor die mensdom.  Jy moet hulle nooit onderskat nie.

Ek het gisteroggend my somertruitjie in die bus agtergelaat.  Oor die algemeen verloor ek nooit my goed nie, maar ek vermoed hy het van my skoot afgegly nadat ek hom uitgetrek het en toe vergeet ek van hom.  Toe ek by die werk kom, besef ek toe dat my trui nie by my is nie, maar ek besef ook met die magdom mense wat weer na ons in die bus geklim het, sal ek  vir truitjie nooit weer sien nie.  Ek was hartseer en teleurgesteld in myself, want dit was werklik my gunsteling klere-item vir hierdie snaakse koelerige somerweer wat ons hier in die Kaap het.

Maar, soos ek is, skryf ek dit af as ‘n les om volgende keer beter na my goed te kyk.

En wat gebeur vanoggend?  Toe ek weer uit die stampvol bus klim en verby die inligtingskiosk stap, sien ek daar lê my truitjie so ewe en wag dat ek hom kom haal.  Ek was so verstom toe ek vir die vrou daar vertel van my truitjie, dat ek skoon tranerig geraak het en hulle my sommer jammer gekry het.  Shame, hulle dink seker dis my enigste kledingstuk.   (Ek wonder eerder of die menopause begin inskop dat ek so uit die bloute uit tranerig raak …..)

Maar nietemin, was ek ongelooflik verbaas en bly dat daar nog mense is met soveel integriteit dat hulle selfs iets soos ‘n verlore kledingstuk sal gaan ingee.  Ek het dit nie eers verwag nie.

Maar die les is geleer:  (1)Pas jou goed op en (2)moenie sommer net mense se goedheid onderskat nie!

My vers van die dag verduidelik toe hierdie gebeurtenis:

Isaiah 30:15

‘In returning to Me and resting in Me will you be saved. In quietness and confidence is your strength.’

– There is a place, under God’s shadow, where we are meant to live.
– It is a place of resting in His strength and ability.
– Life constantly wants to draw us away from this safe place.
– As we return to that place, our strength can be renewed and we can be saved.

Ons moet dalk minder bekommer oor dinge wat op die aarde gebeur en rus vind in die skaduwee, sodat ons juis daaruit kan krag put om ons uitdagings tegemoet te stap.  As mens minder fret oor alledaagse dinge, sal jy verbaas wees oor hoe vinnig dit net regkom sonder dat jou hand eers daarin was!

Mag almal vandag veilig in God se skaduwee rus, en weer krag kry vir die uitdaging wat ons tegemoetsnel in hierdie week!