Wat as …?

Onthou julle die film “As good as it gets”?  Dit was vir my so ‘n insiggewende film wat mens ‘n kykie gegee het in die lewe van iemand met OCD (obsessiewe kompulsiewe versteuring).  Een toneel het egter altyd in my kop bly vassteek.  Toe Marvin (wat erg OCD het) se pynlik netjiese lewe begin deurmekaar raak, het hy wild in die psigiater se kantoor ingestorm, maar sy het hom weggewys omdat hy weet hy moet ‘n asfpraak maak.  Hy het skielik in die vol wagkamer gaan staan en peinsend vir die mense gevra:

“What if this is as good as it gets?” 

Die uitdrukking op daardie arme mense in die wagkamer se gesigte het my gevang.  Ek kan nie sê hoeveel keer ek al daardie vraag gevra het as ek kyk na my lewe, na die lewens van mense naby my, na die land, na al die probleme en uitdagings nie.  Wat as dit wat vandag my lewe is, die beste is wat die lewe bied? Wat as daar werklik niks beter op ons wag vir die toekoms nie en ons aan hierdie  eindelose hoop vasklou dat dinge tog sal regkom, maar dit verander nooit werklik nie? Wat as al hierdie dinge wat ons op hierdie klein aardetjie van ons doen, hetsy reg of verkeerd, in elkgeval geen impak het op die Groter Storie van die heelal, van siende en onsiende dinge waarvan ons nie eers ‘n sandkorreltjie is nie?

What if this is really as good as it gets?

Ek het nie die antwoord nie.

Maar ek en my seunskind lees die bybel deur volgens ‘n baie goeie kinderbybel wat werklik die storie van God vertel nie met mooi kleurvolle gelukkige prentjies nie, maar met goeie skrif en goeie vertelling.  Ons is nou besig met al die wonderwerke wat Jesus gedoen het.  Dit is al deurgeleeste en bekende stories. En tog het iets my vasgevang.  Die wonderwerk van die man wie se dienskneg siek was.  Hy het vir Jesus gaan vra om tog sy dienskneg gesond te maak, en Jesus het ingestem en begin stap.  Die man sê toe vir Jesus dat hy nie verwag dat Jesus al die pad kom om die man gesond te gaan maak nie.  Jesus kan sommer maar net sê hy is gesond, dan weet hy dat die dienskneg genees is.  En Jesus het hom gesond verklaar, wel nadat Jesus baie verbaas was dat iemand se geloof so groot kan wees. En die man het omgedraai huis toe in die wete dat sy dienskneg gesond is.  Hoe het hy dit geweet?  Want hy het geglo.  Finish en klaar.  Hy moes steeds ver loop om by die huis te kom om dit te kon sien, maar hy het geweet dat sy dienskneg vir hom gaan inwag en niks makeer nie.

Toe ek weer die storie kry deur ‘n ander kanaal (vir grootmense hierdie keer), toe besef ek dat hierdie boodskap seker vir my is.  En dit is interessant dat dit die boodskap van geloof is.

Ek glo tog! …. ? ….

Maar toe besef ek dat as ek vra, ‘Wat as…?’ is my geloof dalk nie so groot soos daardie man s’n wat geweet het dat genesing plaasgevind het voordat hy dit kon sien nie.  Toe besef ek, my vraag moet liewer wees:  Wat as …. ek REGTIG begin glo?

Wat as ek glo … dat vandag nie noodwendig die beste is wat die lewe my kan bied nie, maar dat ek elke dag die beste van my lewe kan maak as ek regtig wil?

Wat as ek glo … dat verandering kan plaasvind as ons bid met geloof?  Dat dit sal reën, dat ons regering beter besluite sal neem, beter leiding neem, ons land al hoe meer positief die toekoms kan ingaan?

Wat as ek glo dat die mense vir wie ek bid genees sal word, sal uitkoms vind waar hulle gebukkend gaan onder moeilike uitdagings?

Wat as ek glo … dat ons elkeen se storie ‘n baie groter impak op die Groter Storie van die heelal het as wat ons besef en dat dit wat my lewe vandag is, net die begin is van iets groter en beter en wonderliker is as wat ek kan dink?

What if this is as good as it gets?   But what if we BELIEVE it will become much greater than this?

Ons moet net vir ‘n slag begin om te glo. Regtig te glo.

En toelaat dat die Groter Storie vertel word.

Advertisements

8 thoughts on “Wat as …?

  1. Ek kan nie eers begin met my lysie ‘wat asse’ nie. En jy is so reg. Wat as ek ophou af kyk, en my oë vasgenaal hou op Sy lig. Want dan kan Hy Sy lig op my vrese skyn. Ai, dankie vir jou skryf.

  2. Ek het my hele lewe lank SO gelgo… in my lewe het dit vir rukkies beter gegaan en dan het die patron weer dieselfde verloop. Weer seer, ander mense maar min of meer dieselfde situasie, gister het ek op n plek gekom waar ek ernstig begin twyfel het aan die glo, want ek het dit my hele lewe SO gedoen en SO gelo, en nou n maand terug toe gebeur dieselfde WEER na 2 jaar. Gisteraand was ek die negatiefste, dink ek wat ek nog ooit in my lewe was, ek het nie eers kans gesien om WEER te glo nie, want elke keer word ek WEER geklap. Ek is steeds vanoggend in n gat maar ek is bly ek het jou stukkie raakgelees… ek moet net eenvoudig myelf dwing om te glo en nie moed op te gee nie.

    • My hart pyn vir jou. Ek wens ek kon jou help. Maar ek wil tog vir jou iets gee wat ek vanoggend gelees het op Facebook. Dit sluit hierby aan en het my baie meer duidelikheid gegee oor hierdie ding. Want dit voel ook altyd vir my hoe meer dinge verander, hoe meer bly dinge dieselfde. Ek hoop dit gee jou bietjie moed wat jy vir vandag nodig het.

      Today I set my foot to the bank by the ATM to get some cash because I dearly needed the money.

      As I started to transact, the ATM showed me an inscription which said; Please insert your card.

      Likewise I did insert the card

      And then another message came-please enter your pin code
      Which I did
      Another message came …select the amount,
      I did that too
      After I had done all this…the ATM showed me a message in BOLD letters

      YOUR TRANSACTION IS BEING PROCESSED, PLEASE
      WAIT !

      Allow me to say..likewise, you have done all these things, you have prayed, you have fasted, you have even asked others to pray with you and for you but it seems as if nothing is happening in your life.

      Allow me to say to you, wait patiently don’t give up, don’t move because your request is being processed. WAIT!

      Let me tell you ..What made me wait is because my card was already in the ATM machine, I had already entered my pin code.

      If I give up now and walk away..Lord have Mercy…
      The next person will get all that I had requested
      Not because your messages aren’t heard, not because your prayers are irrelevant, not because your fasting is meaningless, but because
      YOUR TRANSACTION IS BEING PROCESSED

      Wait and murmur not. Do not think you were born to suffer..
      Your prayers are being processed
      Wait upon the Lord

      I Know it’s not easy but I encourage you ..WAIT!!…as mentioned in
      Isaiah 40:31 but they who wait for the LORD shall renew their strength; they shall mount up with wings like eagles; they shall run and not be weary; they shall walk and not faint.

      YOUR TRANSACTION IS BEING PROCESSED PLEASE WAIT

      Baie liefde en gebede vir jou!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s