Om werklik trots oor te dra

Featured image

Nou die dag met Bokvrydag, moes Boeta-hulle groen en goud dra en het hulle hele skool bymekaar gekom en al die bok-liedjies gesing wat daar bestaan.  Hy het die middag by die huis gekom met sy te groot bokhoedjie skeef op sy kop en die bok-serp sommer geknoop om die nek en met skitterende oë en aangekondig:  “I am SO proud to be a South African!!”

Ek was amper verbaas om dit te hoor en het sommer skaam gekry.  Hoeveel keer kritiseer en kraak ons alles en almal in ons land voor ons kinders af?  Ons politiek, ons krag en water probleme, die onderwys?  En hoeveel keer hoor ons kinders dit uit ons mond uit hoe sleg ons land is en hoe alles afdraende gaan?   Dit is amper asof ons dit vir ons kinders wil tuisbring dat hulle eintlik nie te trots moet wees op hulle land nie, want daar is net te veel dinge verkeerd met hierdie land en sy mense.  En dan wil ons wonder hoekom hulle ook later negatief raak oor dinge wat in die land aangaan.

Ek het weereens besef dat kinders dinge anders as ons beleef.  Vir hulle is iets goed as dit lekker is en dis aaklig as dit sleg is.  Hulle het nie die verwysingsraamwerk wat ons as volwassenes het nie.  Hulle enigste verwysingsraamwerk is dit wat hulle by volwassenes hoor en dit wat hulle in die skool leer.  As hulle skool die visie het en die moeite doen om hulle trots te maak om deel te wees van die skool, van die land, van die sport,  hoekom is ons as ouers dan huiwerig om dieselfde te doen?

Is ons nie besig om in sommige opsigte ons eie vyande te word nie?  Ons stel onsself en ons kinders so bloot aan opinies wat oor alles gelig word, sonder om die impak op ons kinders te besef.  Dan is ons eerste in die ry om ons kinders (en ander ouers) te blameer wanneer hulle negatief raak en sonder respek optree teenoor ander mense (daardie mense wat onsself net gister gekritiseer het omdat ons nie glo dat hulle respek verdien nie).

Boeta is mal oor nuus kyk en ons probeer hom altyd afraai om te kyk weens die grafiese material wat hulle soms wys, maar ek het ook ‘n ander ding agtergekom – die nuus maak hom nie negatief teenoor ons land nie.  Dit laat hom toe om sy opinie te vorm en om te onderskei tussen goed en sleg.  En as hy daar opstaan, gesels hy oor die interessante brokkies wat in die nuus was en nie oor die slegte en negatiewe nie.

Dalk moet ons ook soos ons kinders begin raak en die wêreld uit ‘n oog van onskuld beskou.  Ja, dis sleg as dit aaklig is, en dis lekker as dit goed is.  Maar die grys areas tussenin is tog maar vir die mense wat betrokke is om uit te sorteer.  Opinies (goed en sleg) het nog nooit ‘n omwenteling veroorsaak nie.  Maar woorde het wel.

Ek sluit met die kragtige woorde van Sir Lawrence Olivier in die musiekblyspel “Time”.  As ons dit vir ons kinders kan leer, kan ons dalk ‘n toekoms skep waarop hulle trots kan definieer en vestig en van ons land een van die mees positiewe plekke op aarde te maak!

Your life is an expression of your mind.  You are the creator of your own Universe –
For as a human being, you are free to will whatever state of being you desire through the use of your
thoughts and words.

There is great power there.

It can be a blessing or a curse – It’s entirely up to you.
For the quality of your life is brought about by the quality of your thinking –
think about that.

Thoughts produce actions – look at what you’re thinking.

See the pettiness and the envy and the greed and the
fear and all the other attitudes that cause you pain and discomfort.

Realize that the one thing you have absolute control over is your attitude.

See the effect that it has on those around you.
For each life is linked to all life
and your words carry with them chain reactions
like a stone that is thrown into a pond.

If your thinking is in order,
your words will flow directly from the heart
creating ripples of love.

If you truly want to change your world, my friends,
you must change your thinking.

Reason is your greatest tool,
it creates an atmosphere of understanding,
which leads to caring which is love.

Choose your words with care.
Go forth … with love.

Advertisements

4 thoughts on “Om werklik trots oor te dra

  1. Elke liewe dag sien ek hoe hierdie golf van negatiewe denke draai na die positiewe. Met dieselfde energie as wat dit vat om ‘n negatiewe mens te wees kan jy positief wees. lekker gelees hier by jou

  2. Ja, die mens se gedagtegange het ‘n groot uitwerking op sy persepsies. Ek glo ook ons moet onsself liewers vol positiewe gedagte pomp, sodat liefde makliker kan vloei. (Na die rugby oor die naweek moet ons seker ook positief bly omtrent sport in on land … )

  3. Pragtig gestel en baie waar. Mens het nie nodig om negatief te wees om jou mening te gee nie. Ek sien en hoor dit daagliks en doen my allerbes om sulke mense en plekke te vermy. Ons het ‘n mooi land en dis wat ons moet raaksien.

    Sir Lawrence het dit ook so pragtig gestel. Ek wens meer mense kan dit hul leefstyl maak. 😀

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s