Keuses op ons lewenspad

Elkeen van ons loop ‘n lewenspad, en ons wonder soms, is dit die pad wat vir my beplan is?  Is dit waar ek moet wees?  Wat as ek langs die pad ‘n keuse uitgeoefen het wat my nou op ‘n ander pad neem as waar ek moet wees? Dan het ek mos afgedwaal en dalk is dit hoekom dinge nie uitwerk soos ek wil hê dit moet uitwerk nie.

Dan is dit baie maklik om te sê:  Wel, die Here het my op hierdie pad gesit, ek het geen beheer daaroor gehad nie, so nou moet ek maar net aanploeter en hoop vir die beste.

Ek het baie daaroor gedink toe ons onlangs vir my ouers blyplek moes kry na hul aftrede.  My idee was perfek – hulle kan hier by ons onder ons vlerk kom bly en ons sal vir hulle sorg.  Tog het hulle besluit hulle wil op ‘n ander plek bly waar broers en susters naby is.  Vir my het dit geen sin gemaak nie, want ek was onseker oor wat die regte besluit sou wees en soos ons weet, gee die Here nie altyd ‘n baie reguit antwoord op ons vrae nie.  Ek was so bang hulle neem die verkeerde besluit, en dan is hulle sonder sorg.  Tot ‘n vriendin vir my eendag bietjie perspektief gee:  Onthou, geen besluit wat hulle neem sal die regte of die verkeerde besluit wees nie.  Maak  nie saak waarheen hulle gaan nie, die Here gaan mos saam.  Hy sal mos vir hulle sorg waarheen hulle paadjie ook al gaan.

Toe besef ek regtig dat ons as mense moet besef dat ons die voorreg het om ons eie pad te stap, ons eie keuses te maak.  Ons is nie marionette wat spring as die toutjie getrek word nie, al wil ons soms Iemand blameer en soos ‘n slagoffer in sak en as sit.  Aan die einde van die dag, as mens mooi dink, is dit maar ons eie besluite en keuses wat ons in die lewe maak, wat ons daaglikse lewe vorm.  As mens tot daardie besef gekom het, dan besef jy ook dat, in plaas van om die slagoffer te wees, moet ons liewer verantwoordelikheid neem vir ons lewe en die Here vertrou vir die res.  Hy het nooit gesê ons lewe op aarde is maanskyn en rose nie, maar Hy belowe dat Hy by ons gaan wees tot aan die einde van die aarde, en dit is wat aan die einde die deurslaggewende faktor gaan wees of ons sukses behaal op ons lewenspad of nie.  Of ons God se droom vir ons lewens gaan verwesenlik, of nie. 

Die belangrikste is om altyd met God in voeling te bly en met Hom te kommunikeer, want op daardie manier gaan Hy dit wat vir ons beplan is, wel in ons tot stand bring, maak nie saak watter keuses ons op aarde uitgeoefen het nie en waar op ons lewens pad ons ons bevind nie. 

Eers dan, kan ons Hom genoeg vertrou om te weet dat Hy alles wat met ons gebeur, ten goede sal laat meewerk, want dit is immers Sy belofte aan ons.

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s